ADOPTION SUPPORT

One of my Favourite Things in this world must surely be the process of adoption.

We went through this process a couple of years ago and adopted our beloved son, and had the most amazing experience doing so. I also have many friends that have had the same. The page is an invitation to anyone who would like to contact me regarding adoption - I would love to listen, talk and share. I am no expert, do not have all the facts, but have such a passion for it and know that just like with motherhood, their is a great need among people, to sometimes just talk about it. And we don't always know who to talk to. We are afraid to contact an agency and set a ball rolling that we are unsure about. We have hard questions that have easy answers, but no one to ask.

If anyone is interested in adoption, who has questions about adoption, who would like to speak to someone who has adopted, or would like some encouragement and support concerning adoption, I would love to talk to you. Send me an email at This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. or skype me at helenavandenberg. We can even meet for coffee!

I have such a passion concerning this and would love to talk to you!

I am also looking for more adoption stories to add to this page to encourage others. If you are interested, please send me an email. 

 

Helena en Sebastion

 

MY STORIE

Dit het eintlik alles begin toe ek Maasdorp op skool gelees het. Van toe af het ek altyd in my hart die begeerte gedra om eendag ‘n kind aan te neem. Die passie was so sterk dat ek al gewonder het of my biologiese kinders nie sleg gaan voel nie, aangesien ek met soveel passie die ander kind(ers) in my huis en hart wou inneem. In retrospek sal al my vriende vir jou kan vertel dat Helena altyd gese het dat sy ‘n kind wil aanneem. Selfs vir my ma ‘n paar aande voor hy gekom het, gese dat al gaan ek my hele lewe deur en raak nooit self swanger nie, ek okay sal wees, maar as ek nooit ‘n kind kan aanneem nie, sal ek altyd voel ek het uitgemis op iets.

Ons het gehoor van hom by vriende van ons wat sy ma geken het. Ons het uitgevind dat sy toevallig by dieselfde maatskaplike werker is as ons. Ons maatskaplike werker het gese niks is toevallig nie, na ‘n ondersoek besluit dat dit ‘n goeie “match” sou wees en ons profiel aan sy ma voorgele. Sy het ons gekies om die verantwoordelikheid van hierdie ongelooflike mensie by haar oor te neem. Net dit. Sy gee nie haar kind weg of op nie, sy dra net die verantwoordelikheid oor aan ons.

Dis nog ‘n ding. Voor jy enigiets met aanneming te doen het, is die ma die vyand. Hoe minder jy met haar te doen het en hoe minder sy met die baba te doen het, hoe beter. Netnou verander sy van plan, vat hom terug, en dan wat?

Wanneer jy in hierdie nuwe wereld instap, besef jy dat hierdie mammas ongelooflike mense is. Om op sestien, of enige ander tyd, die volwassenheid, moed en liefde te he, jouself te ontken en nege maande te loop om hierdie mensie ‘n beter toekoms te gee as wat jy kan, is ongelooflik. Ons moet hulle wil ontmoet, genoeg van hulle af wil leer, sodat ons eendag vir hierdie mensies kan vertel hoe spesiaal hulle mammas was.

Sebastian is 5 min voor my verjaarsdag gebore. Ek het langs sy ma gestaan terwyl sy gekraam het en toe hulle hom in my arms sit, was hy my grootste geskenk nog ooit. Ek het 4 jaar vir hom gewag en gebid, sonder om te weet wie hy sou wees of waarvandaan hy sou kom. Na vier jaar het ons besluit om nie deur enige mediese behandelings soos in vitro te gaan nie, maar eerder direk te gaan vir aanneming. Ons het besluit dat miskien in plaas van eers ons biologiese kinders en dan aanneming, ons dit dalk andersom moet doen. Ons tydsberekening was perfek want Sebastian is ‘n maand later aan ons toevertrou.

Deur al die jare van passie vir aanneming, het ek altyd geweet dat een van my kinders tien teen een nie sou blank wees nie. Ek was opgewonde oor die idee. My man weet van voor ons troue hiervan en moes hom maar voorberei daarop. Gelukkig het hy ‘n ongelooflike hart en het nie opgehou totdat hy deur elke moontlike situasie gewerk het, en hy seker was dat hy kan pa wees vir iemand wat dalk baie vrae en opinies sal moet kan hanteer, as deel van ons huis nie.

En nou na soveel jaar van seerkry en wag, van saam met vriendinne opgewonde wees oor swangerskappe, babakamers, sonars, ooievaarstees en geboortes, slaap daar deesdae nog ‘n mensie in ons huis. Niemand kon ons ooit voorberei op hoe mooi hy sou wees nie, hoe oulik hy sou wees nie, en hoe perfek hy by ons gesin sou inpas nie. Ek besef dat as ons swanger geraak het, sou ons nie net NIE vir Sebastian gehad het nie, maar ook tien teen een nooit aangeneem het nie. Sal mens na jou kinders daarbuite gaan soek as dit nie nodig is nie.

Ek en my man wonder deesdae oor die feit dat daar so baie mense is wat nie natuurlik kan swanger raak nie. Ons wonder of dit nie ‘n antwoord is op die duisende kinders wat huise soek nie. Ek wens dat meer mense sal besef dat jou eie kinders nie noodwendig uit jou eie liggaam sal, of hoef, te kom nie. Dat die mense wat in jou huis moet grootword, dalk reeds daarbuite vir jou wag, of dat daar, soos met ons, ‘n mamma is wat baie hard bid vir ‘n liefdevolle huis waar haar wonderwerkie kan grootword. Ek wens ek kon ook vir mense se dat al word hulle dalk per ongeluk swanger, hulle nooit moet vergeet dat dit steeds ‘n wonderwerk is nie, en dat daar duisende paartjies daarbuite is wat bid vir ‘n wonderwerk. Wat sal gebeur as mense anders begin dink oor al hierdie dinge? Kan ons nie God ervaar deur te sien hoe daar goeie goed uit slegte goed kan kom, as ons Hom net toelaat om ons gedagtes te vernuwe nie.